Bietjie meer oor Waverley Tennisklub
Waverley Tennisklub is in die Moot, teenaan die mooi Magaliesbergreeks. Daar is geen besige strate of lawaaierige karre nie, dus is dit ideaal vir 'n pot tennis of pikkelbal. Die doel van die klub is om te groei en meer lede te verwelkom. Maak nie saak van ouderdom of vlak van spel nie, daar is goeie tennis en pikkelbal vir almal. Daar word weekliks sosiale spel georganiseer en ingeskryf vir ligas vir beide tennis en pikkelbal.


Kom speel Tennis
Die beste manier om te ontspan
Waverley Tennisklub het 6 pragtige tennisbane waarvan 2 onder ligte is. Die klubhuis is ruim en goed toegerus en daar is 2 mooi tennismure om teen te oefen. Alle spelers, beginner of professioneel, is welkom om aan te sluit by Waverley Tennisklub.
Sosiale tennis word georganiseer op Woensdae vanaf 16:00 en Saterdae vanaf 14:00. Besoekers is ook welkom.
Ons Tennis Afrigters

Cornelia du Plooy: 082 496 9878 Louis du Plooy: 061 118 6567
Modern Tennis Coaching bied groep lesse, privaat lesse, sowel as Cardio Tennis aan vir juniors en volwassenes.
Enige vlak van spel word afgerig in oggende of middae.

Ons Pikklebal Afrigter
Dinky Sports Pikkelbal Afrigter
Shane: 078 373 2076
Lesse slegs per afspraak.

Kontak ons
Vir meer inligting, kontak ons gerus.
WhatsApp: 084 029 3998
E-pos: waverleytennisklub@gmail.com​
Adres: Eve St, Waverley, Pretoria, 0135